Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Voorkennis" deur LOUIS ESTERHUIZEN
"Voorkennis" deur LOUIS ESTERHUIZEN [boodskap #46871] Di, 17 Julie 2001 22:36
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

VOORKENNIS
Louis Esterhuizen

Wat is,
was : Sal weer wees -
Dit is die aksioma
wat die spel
onderlê.
Nie die lyn, kousaal
getrek, maar die sirkel
wat brandpunt
is van 'n eerste skuif -
Die ritme van al die skuiwe
vantevore : Sonder aanvang sonder einde.
Die eindposisie reeds
embrionaal teenwoordig, in
aanvanglose en eindelose wording -
Die hand huiwerig soos asem
om die stuk. 'n Ewigheid later
weer sigbaar -

En alles reguit, blyk leuen
te wees. Ewiglik is die waarheid
krom, so ook
die tyd

Nie opening, nie afsluiting -
Maar deurgang. Dit wat is, was -
Sal weer wees -
Vorige onderwerp: "Apologia" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 09:58:28 MGT 2024